Wanneer: Sondag 13 Julie
Waar: @ The Other Place (Support81)...reg langs Bomb Shelter Church
Ingang fooi: Blikkies kos of kontant donasie
Begin 9h00
Kerkdiens 9h30
Kom met jou kar, kom met jou motorfiets, bring jou familie, bring jou vriende saam, ons gaan lekker saam kuier.
Daar gaan speletjies wees, kids entertainment en dan natuurlik die "Dunk A Pastor"
Raffle kaartjies is elke Sondag by die kerk beskikbaar, en sal ook op die dag nog te koop wees.
Daar sal heerlike pannekoeke wees en burgers, worsrolle, jaffels, chipstix, mini doughnuts en nog meer.
The Other Place sal die nodige drinkgoed verskaf.
Nooi Almal Wat 'n Hart Vir Charity Het!!!
Challenge jou vriende en familie, en kom maak 'n verskil in ander se lewens.
Moet dit nie mis nie. Almal is welkom, bring die kids en kom geniet die dag saam met ons!!
Elke jaar stel elkeen van julle ons instaat, om na soveel mense te kyk, wat werklik behoefte het. Soveel mense binne en buite ons gemeenskap word gehelp deur julle oop harte om te gee en deel te wees!!
Weereens DANKIE!!


"Be generous: Invest in acts of charity. Charity yields high returns." Eccl 11:1 MSG